oogklappie kuier

Ons kuiers het gewoonlik baie afdraai paadjies. Gesprekke wat koek en meng en lyne kruis. Soos ‘n kragstasie in rural China…ek dink. Maar ons vang mekaar se aflei paaie weer op, en sit boekmerke in die wat na terug gekom moet word. Iemand het eendag gesê dit is omdat my konsentrasie so kort is dat ek myself so in die rede val. My liewe vriendin het terug gebyt en opgekom deur te sê sy is net te stadig om by te hou. Lelik, bitchy…maar my laat beter voel.

Ons kuier was bedoel om net om haar nuwe stok ou platespeler te sit en na die classics te luister (want ons manne verstaan nie die goud in so ooblik), en dan onder die bloekom bome te gaan tee. Want bloekombome klink soos die see as die wind deur hulle waai….vrystaat see.

Maar toe is dit ‘n gejaag van 2 liedjies hier luister, kos gee vir die huis mense, gejaagde koffies en persentjies deel. Plantjies verduidelik, en luister na Boeta se krimpvarkie se fieslike maniere.

Ons sukkel al jare om kalm sin te maak van ons lewens, want informele “kunstenaars” met huishoudings wat nie wil wag vir aandag, en die groot selftwyfel-selfsabotage maniere is veeleisend.

Daarom maak ek toe ‘n “bullet-journal” vir ons. (vir haar – myne moet nog geprint word) Ek hoop so dit werk, bring rigting. Studies by al die guru’s hoe om meeste van jou dag te kry, en dan ook daardie self ondersoek en geborge patrone..

Advertisements Share this:
Like this:Like Loading... Related