Kunsmatige intelligensie

Hierdie aanhaling uit Kevin Kelly se nuutste boek The Inevitable het my weer laat dink oor wat dit is om mens te wees. Rekenaars is besig om al slimmer te word en gaan binnekort meeste menslike take kan verrig en waarskynlik ook beter as die mens self, kyk maar na die skaakspelers of jou eie Facebook timeline wat beter as jyself kan onthou wat jy op hierdie presiese dag ñ jaar gelede gedoen het. Kunsmatige intilligensie, AI, masjiene, rekenaars, die onmenslike gaan ons al meer help om te besef wat dit beteken om werklik mens te wees… Wat dink jy beteken dit om mens te wees? Wat kan die mens wees wat nie geprogrammeer of geleer kan word nie?

Advertisements Share this:
Like this:Like Loading... Related