Nuut: Ettie Bierman Keur 12

Drie heerlike liefdesverhale deur die immergewilde Ettie Bierman verskyn hierdie maand in Ettie Bierman Keur 12:

In Vermoedelik verlief stort Mynie se wêreld in duie toe haar kêrel saam met ’n beeldskone meisie op die lughawe gesien is. Hoe meer Heinz verduidelik, hoe minder glo sy hom. Sy skryf aan Wewenaar, ’n prokureur wat in ’n hoekie vir eensames adverteer. Eindelik ontmoet sy hom, die skatryk en aantreklike Conrad Duvenhage.  Natuurlik het hy ’n prys – maar dít vermoed Mynie nie.

In Twee roepees vir ’n lewe is Arista paniekbevange toe dit lyk asof ’n motor haar op die sypaadjie gaan tref. Sy hardloop vorentoe om die bruggie te haal en die bestuurder besef te laat wat haar plan is. ’n Voet in ’n rooi sandaal tref die Citroën se windskerm en daar is die klank van skeurende metaal . . .

In ’n Rooikop en twee ridders kyk Addy die ou met die Blou Bul-T-hemp vlak toe hy vir haar ogies maak by die Paddanag wat sy vir Matotoland Ekotoerisme reël. Wat haar betref, het hy ’n toksakbrein. Haar soort man is eerder iemand soos doktor Marius Theron, vir wie sy so getrou bystaan sedert sy egskeiding.

Oor die skrywer:

Ettie Bierman is ’n gewilde skrywer van romantiese verhale. Sy woon sedert 2003 aan die suidkus van KwaZulu-Natal.

Koop dit nou! Takealot | Loot | Graffiti | Amazon Kindle

Share this:
Like this:Like Loading...